Bartolomeo Rastrelli
Francesco Bartolomeo Rastrelli (Russies: Франче́ско Бартоломе́о (Варфоломе́й Варфоломе́евич) Растре́лли; 1700, Parys, Koninkryk van Frankryk – 29 April 1771 in Sint Petersburg, Russiese Ryk) was 'n Italiaanse argitek wat hoofsaaklik in Rusland werksaam was. Hy het 'n geredelik herkenbare styl van laat-Elizabethaanse barok ontwikkel wat weelderig, majestueus en verhewe was. Sy grootste werke, insluitende die Winterpaleis in Sint Petersburg en die Katharina-paleis in Tsarskoye Selo, is bekend om die uitspattigheid en weelderige dekorasie daarvan.[1]
Biografie
[wysig | wysig bron]In 1716 verhuis Bartolomeo na Sint Petersburg, wat vier jaar vantevore die nuwe Russiese hoofstad geword het. Hy is vergesel van sy vader, die Italiaanse beeldhouer Carlo Bartolomeo Rastrelli (1675–1744). [1] Sy ambisie was om die nuutste Italiaanse argitektuurmodes te kombineer met tradisies van die Moskouse Barok-styl. Sy eerste belangrike opdrag kom in 1721 toe hy gevra word om 'n paleis te bou vir prins Demetre Cantemir, die voormalige heerser van Moldawië.
Hy word in 1730 as senior hofargitek aangestel. Sy werke het guns gevind by die vroulike vorste van sy tyd, en hy het hierdie pos behou gedurende die heerskappy van keiserinne Anna (1730–1740) en Elisabeth (1741–1762).
Rastrelli se laaste en mees ambisieuse projek was die Smolny-klooster in Sint Petersburg waar keiserin Elisabeth die res van haar lewe sou deurbring. Die kloktoring sou die hoogste gebou in Sint Petersburg en die hele Rusland word. Elisabeth se dood in 1762 verhinder egter dat Rastrelli hierdie groot ontwerp voltooi. [1]
Die nuwe keiserin, Katharina II, het Barok-argitektuur afgemaak as outydse "slagroom", en die bejaarde argitek het dus afgetree in Courland, waar hy toesig gehou het oor die voltooiing van die hertoglike paleise.
In sy laaste jare het hy obskure handeltransaksies met Italiaanse kunshandelaars aangegaan. Hy is enkele maande voor sy dood verkies tot die Ryksakademie van Kunste. [1] 'n Stadsplein voor die Smolny-klooster dra sedert 1923 Rastrelli se naam. Hy is die onderwerp van 'n komposisie getiteld "Rastrelli in Sint Petersburg", wat in 2000 geskryf is deur die Italiaanse komponis Lorenzo Ferrero.
Tien bestaande geboue wat deur Rastrelli ontwerp is
[wysig | wysig bron]# | Beeld | Naam | Ligging | Datum |
---|---|---|---|---|
1 | Rundāle-paleis | Pilsrundāle naby Bauska Letland |
1736–1740 1764–1767 | |
2 | Jelgava-paleis | Jelgava Letland |
1738–1740 1763–1772 | |
3 | Peterhof-paleis | Peterhof naby Sint Petersburg Rusland |
1747–1755 | |
— | Peterhof-paleis kapelle | Peterhof naby Sint Petersburg Rusland |
1747–1751 | |
4 | Sint Andrew's Kerk, Kiëf | Kiëf Oekraïne |
1748–1767 | |
5 | Smolny-klooster | Sint Petersburg Rusland |
1748–1764 | |
6 | Vorontsov-paleis | Sint Petersburg Rusland |
1749–1757 | |
7 | Katharina-paleis | Tsarskoe Selo (die dorp Pushkin) Rusland |
1752–1756 | |
— | Hermitage-pawiljoen | Tsarskoe Selo (die dorp Pushkin) Rusland |
1749 | |
8 | Mariyinsky-paleis | Kiëf Oekraïne |
1752 1870 | |
9 | Stroganov-paleis | Sint Petersburg Rusland |
1753–1754 | |
10 | Winterpaleis | Sint Petersburg Rusland |
1754–1762[2] |
Boris Vipper spekuleer dat Rastrelli sy laaste (en onvoltooide) ontwerp vir die Neoklassieke-herehuis naby Mitava gemaak het.
Gesloopte geboue
[wysig | wysig bron]# | Beeld | Naam | Notas | Ligging | Date |
---|---|---|---|---|---|
1 | Annenhof | Gebou van hout, vervang deur die Katharina-paleis | Lefortovo Distrik, Moskou Rusland |
1731 verplaas in 1736 afgebrand in 1746 | |
2 | Anna se Winterpaleis | Vervang deur die Winterpaleis | Sint Petersburg Rusland |
1732–1735 gesloop in 1754 | |
3 | Somerpaleis | Gebou van hout, vervang deur Sint Michael se Kasteel | Sint Petersburg Rusland |
1741–1744 gesloop in 1797 | |
4 | Winter Kremlinpaleis | Vervang deur die Groot Kremlinpaleis | Moskouse Kremlin Rusland |
1747–1756 herbou in gesloop in 1837 |
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 1,2 1,3 Bartolomeo Francesco Rastrelli. Encyclopædia Britannica
- ↑ Ring, Trudy; Watson, Noelle; Schellinger, Paul (28 Oktober 2013). Northern Europe: International Dictionary of Historic Places. ISBN 9781136639449.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Bartolomeo Rastrelli.